Preview Mode Links will not work in preview mode

Fearless & Unfiltered


Nov 14, 2021

George Rauch: Pa | Predikant | Denker

In hierdie episode gesels ek met my pa. Hierdie is verseker die mees spesiale episode wat ek al opgeneem het en seker ooit sal, want dit is met my OG. Een van die mense wat die grootste invloed gehad het (en steeds het) op my denke en hoe ek sin maak van die wêreld rondom my. Sy storie en perspektief is een wat vir my diep saak maak en een wat ek glo gehoor moet word. Veral in hierdie spesifieke tydstip in ons land se geskiedenis. Ons kan net sin maak van waarheen ons oppad is wanneer ons verstaan waar ons vandaan kom, en hierdie gesprek het vir my nodige insig en stof te nadenke daar rondom gebied en ek hoop dat dit vir jou dieselfde sal bied.

Ek en my pa gesels oor sy eie storie en agtergrond. Van sy reis in politiek, die kerk en alles tussenin. Ons staan stil by FW De Klerk se afsterwe, wat dit beteken vir ons land en hoe dit ook ‘n uitnodiging is om eerlik met onsself te wees oor hoe vêr ons nog het om te gaan om ware versoening te verwesenlik. En soveel meer.

Ek is diep dankbaar vir hierdie gesprek. Dankie pappa. Ek is baie lief vir pappa.

xx